Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL NUUS SONDAG 18 OKTOBER 2014
Goeiemore en welkom, jy kan nou luister na die weeklikse nuus uitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga wat gelees word deur ________________________ (naam, roepsein en QTH waar toepaslik). Die SARL saai elke Sondag om 08:15 plaaslike tyd 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 plaaslike tyd in Engels uit op HF en verskeie BHF en UHF herhalers landswyd. Vir Echolink luisteraars is daar ‘n herleiding deur ZS0JPL. ‘n Potgooi is ook beskikbaar op die SARL webblad.

Hierdie oudio bulletin kan van die SARL se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word. ‘n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e pos te ontvang.

IN DIE NUUS VANDAG

RTA OPPAD NA KAAPSTAD

ARTODAY KONDIG NUWE UITSENDING FREKWENSIES AAN
CUBESAT WERKSWINKEL BY CAPE PENUNSULA UNIVERSITEIT VAN TEGNOLOGIE

** Bespreek nou vir die RTA in Kaapstad en kry 'n afslag. Die Kaapstad Radio Tegnologie in Aksie simposium word gehou op Saterdag 1 November. As jy voor 28 Oktober bespreek , sal jy slegs R100 betaal as 'n lid van die Suid-Afrikaanse Radioliga. Na 28 Oktober verhoog dit tot R130 vir lede. Nie-lede sal R200 betaal om die geleentheid by te woon. Die volledige program en onderwerpe wat bespreek word kan gevind word op die Suid-Afrikaanse Radioligaweb met behulp van die skakel op die tuisblad.
** Vanaf 26 Oktober sal die volgende frekwensies vir uitsending van ARTODAY van toepassing wees. Die Sondaguitsending wat om 10:00 plaasvind sal op7205 en 17760 kHz uitgesaai word. Die Maandagaand uitsending om 18:30 sal uitgesaai word op 4895kHz.
Baie uitsaaiers regoor die wereld sal op 26 Oktober frekwensieveranderings aankondig. Ontvangs rapporte van die verskillende frekwensies sal waardeer word. Stuur asseblief jou ontvangs rapport aan artoday@sarl.org.za


** SATI nooi Radio amateurs en persone met `n belangstelling in satelliete om die tweede jaarlikse internasionale Afrika cubesat werkswinkel in Kaapstad by te woon. Die werkswinkel sal op 3 en 4 November gehou word op die Bellville kampus van die Cape Penunsula University of Technology. Registrasie sal gratis wees. Vir meer inligting asook die registrasievorm besoek die SARL webbald en volg die skakels


** Wees versigtig vir amateurradiostelle op GUMTREE.
Sam ZS1OR het dit onder ons aandag gebring dat amateurradiostelle spotgoedkoop te koop aangebied word op die Gumtree webblad.
Die radios maak deel uit van `n boedel wat nog nie afgehandel is nie. Die persoon wie verantwoordelik is vir die verkope het blykbaar geen kennis van die waarde van die stelle nie.
`n Splinternuwe Icom 706 MK 11D word vir so min as R450,00 verkoop. Sou jy enige iets weet van die verkope kontak asb die Malmesbury polisie of vir Sam ZS1RO by e/pos samzan@whalemail.co.za .
** Jy is ingeskakel op`n nuusbulletin van die Suid Afrikaanse radioliga en ons gaan nou voort met liganuus.
** Lidmaatskap
Aansoeke om lidmaatskap van die SARL is van die volgende radioamateurs ontvang:
Johann Potgieter, ZSL-1121;
Johannes L du Plessis, ZR6DJL;
Imile de Bruyn, ZSL-1122
John Age Nilsin, LA4QAA.
Enige besware teen die aanvaarding van lidmaatskapaansoeke moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin.
Die volgende klubs het gedurende die week by die SARL geaffilieer:
Secunda Amateurradio-klub,
Overberg Amateurradio-klub,
Lichtenburg Amateurradio-klub.
Lidmaatskaptal van die SARL is tans 1481 plus 33 geaffilieerde klubs.
** Gedurende die AJV van die Sasolburg Radioklub wat gehou was op 11 Oktober is die volgende persone op die nuwe klub komitee verkies.
Voorsitter – Jaco – ZS6PX
Adjunk voorsitter - Frans - ZS4FDS
Sekretaresse – Hester - ZS6PY
Tesourier – Andries – ZS6VL
Tegnies – Ockert – ZS4LZ
QRX Nuusbrief – Riaan – ZS4PR
Web – Gideon – ZS4GJA
Openbare Betrekkinge – ZS4VP

Die die uitredende komitee wens die nuwe komitee voorspoed vir hulle 2014/ 2015 termyn .

**Kompetisie nuus
Daar was heelwat aktiwiteite op die bande gedurende die Oktober been van die QRP kompetisie. Baie min logstate was ontvang en die vraag moet egter gevra word hoekom neem radio-amateurs in Suid Afrika deel aan kompetisies maar stuur nie logstate in nie.
Uitslae van die Oktober been van die QRP kompetisie is asvolg.
Tuisstasie
ZS4DZ - 138 punte

Veldstasie
ZS6WR - 440 punte

Ultraligtestasies
ZS6TVB - 396 punte
ZR6CMG - 276 punte
ZS6BV - 180 punte

Algehele uitslag van 4 afdelings

Tuisstasie
1st ZS4DZ - 440 punte
2nd ZS6TVB - 168 punte
3rd ZS4SF - 110 punte
4th ZS2EC - 96 punte
5th ZS6RSH - 24 punte
6th ZS1WWW - 12 punte
ZS2JO - 12 punte

Veldstasie
1st ZS6WR - 1888 points
2nd ZS6PTA - 848 points
3rd ZS2ACP - 730 points
4th ZS6FDX - 406 points
5th ZS2PE - 120 points
6th ZS4BFN - 96 points

Ultra ligte stasies
1st ZS6DX - 1260 punte
2nd ZS6TVB - 396 punte
3rd ZS6A - 306 punte
4th ZR6CMG - 276 punte
5th ZS6BNE - 216 punte
6th ZS5J - 204 punte
7th ZS6BV - 180 punte
8th ZS4BS - 168 punte

Geluk aan die wenners in elke afdeling en `n beroep word op alle deelnemende stasies gedoen om volgende jaar asb. die moeite te doen om logstate in te dien.

** 5MHz  Aktiwiteits naweek
Terwyl logstate van die WSPR aktiwiteit nog nagegaan word , was daar voort gegaan met die trekking van die van die wenner vir die ESB logstaat. Die wenner van die SARL RTA stel is Romeo Nardini ZS6ARQ. Bie geluk Romeo die RTA stel sal aan jou gestuur word sodra die poskantoorstaking bygelê is.


** Die tweede been van Vinnige Ontplooiing Amateur Radio of RaDAR kompetisie vind plaas op Saterdag 1 November van 14:00 UTC tot 18:00 UTC, ongeveer twee uur gedurende die dag en twee uur in die nag in die Suid-Afrikaanse tyd sone. Alle amateur bande kan gebruik word, uitgesluit die WARC bande, insluitend kruis kontakte via amateur radio satelliete. GG, ESB, AM, FM en/of enige digitale modusse. QSOs via aardse herhalers sal nie toegelaat word nie.

** ** Die tweede been van die Suid-Afrikaanse Radioliga se Nasionale Velddag en die Suid-Afrikaanse Radioliga BHF/UHF-kompetisie vind plaas vanaf 10:00 UTC op Saterdag 15 November tot 10:00 UTC op Sondag 16 November.

** Albei hierdie kompetisies is 'n ideale geleentheid vir Klub uitstappies en kan selfs gekombineer word in een geleentheid. Begin nou met die beplanning vir jou Klub naweek, kry die tente en karavane gereed en gaan die radiotoerusting, antennas en batterye na.

Die reëls vir hierdie kompetisies kan gevind word in die 2014-kompetisiehandboek.

** Geoff Levey, ZS6C, die Suid-Afrikaanse Radioliga Kompetisiebestuurder versoek dat lede voorstelle en/of veranderinge indien oor die Suid-Afrikaanse Radioliga kompetisies vir 2015. Geoff en sy span bespreek die 2015-kompetisie handboek. Stuur jou insette aan contest@sarl.org.za teen 10 November 2014.



** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die sonaktiwiteitsvlak gematig gaan wees met moontlike M-klas sonfakkels.
Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 105.
Amateurs gaan die 20 tot 10 m DX-bande geniet met opwindende 10 m openinge in die pyplyn.
Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.



** In ons dagboek van gebeure kyk ons nou na wat voorlê vir die volgende paar weke.

25 en 26 Oktober - die CQ WW DX foon kompetisie
26 Oktober ARTODAY frekwensie uitsending verandering
28 Oktober – vroeë bespreking vir die Kaapstad RTA
1 November - RADAR kompetisie
3 & 4 November Cubesta werkswinkel in Bellville
9 November - PEARS HF kompetisie
10 November – sluitings datum vir 2015 kompetisie insette
11 November – Wapenstilstanddag
15 en 16 November – Suid-Afrikaanse Radioliga Nasionale Velddag asook die Suid-Afrikaanse Radioliga BHF/UHF kompetisie


** Ons sluit vandag se nuusbulletin af met `n terugblik op ons hoofberig.

** Die Kaapstad Radio Tegnologie in Aksie simposium word gehou op Saterdag 1 November. Vroee besprekers en liga lede word beloon met 'n stewige afslag

** Dit bring ons dan aan die einde van hierdie Suid-Afrikaanse Radioliga nuusbulletin, vind meer uit oor hierdie en ander nuus deur die SARL se webtuiste te besoek.

** Luister elke Sondagoggend om 10:00 Plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082, 7 205 en 17 660 kHz 'n potgooi deur Dick, ZS6RO en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor die land.
'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 3 230 kHz plaas.
Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.
Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Die SARL se nuusdiens nooi klubs en individue om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op die SARL webtuiste onder die newsinbox skakel te plaas nie later as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan nie.

Jy het geluister na ‘n nuusuitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga saamgestel deur Johann du Plessis ZS6PSS en geredigeer deur Dawie Conradie ZR6DHC________________________en gelees deur ______________

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou 'n mooi week toe. Totsiens

/EX



Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003